Godwin se wet

Godwin se wet ("Godwin's law" in die oorspronklike Engels, of Godwin se reël van Hitler analogieë) is 'n Internet gesegde wat beweer dat, soos 'n aanlyn bespreking langer word, die waarskynlikheid van 'n vergelyking met Hitler na 1 neig. Met ander woorde, as 'n aanlyn-bespreking (ongeag die onderwerp of omvang) lank genoeg aangaan, sal iemand vroeër of later iemand of iets met Hitler of sy dade vergelyk. Die stelling is oorspronklik deur die Amerikaanse prokureur en skrywer Mike Godwin in 1990 gemaak. Godwin se wet het oorspronklik spesifiek na Usenet nuusgroep besprekings verwys. Dit word egter deesdae op alle gestruktureerde aanlyn besprekings toegepas, soos byvoorbeeld Internet forums en geselskamers, sowel as toesprake, artikels, en ander retoriek waar sogenaamde reductio ad Hitlerum (reduksie tot Hitler, 'n sinspeling op reductio ad absurdum) kan plaasvind. In 2012 is "Godwin's law" opgeneem in die derde uitgawe van die Oxford English Dictionary.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search